Hoërskool Garsfontein kry gròòt blootstelling tydens internasionale krieketwedstryd
ADVERTISEMENT
Hoërskool Garsfontein was een van slegs twee skole wat die geleentheid gegun is om die skool tydens die wedstryd tussen die Proteas en die Wes-Indiese Eilande op Supersport Park, te gaan bemark. Elmar Dorey, Direkteur: Krieket, noem dat die blootstelling wat die skool gekry het, ongelooflik is. Nie net was dit ‘n internasionale wedstryd nie, maar dit is ook regstreeks op televisie uitgesaai. Hoërskool Garsfontein is dus op plaaslike en internasionale gebied bemark.










