Hoërskool Ermelo staan uit by LPL-liga
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo staan uit by LPL-liga.Twee van EHS se leerders, Adam em Rian Barnard, hou die Erries se naam hoog op die krieketveld. Hulle is gekies as deel van die Jozi Warriors se o.17-span. Dié span speel tans in die LPL Sports League, Krieket Suid-Afrika en word afgerig deur Gareth Flusk. Die wedstryde vind elke Saterdag en Sondag plaas oor ’n tydperk van twee maande. Dit is ’n 16-boulbeurt-formaat en word by verskeie stadions soos Old Parks Randburg en Kempton, gespeel.
Leerders van Gauteng, Northerns, Easterns, Noordwes, Mpumalanga en Limpopo doen aansoek om deel van die span te wees. Om uit die 600 aansoeke wat daar was, twee van die 120 verkose spelers te wees, is voorwaar ’n besondere prestasie. Bo en behalwe die voorreg om deel van die span te kan wees, speel Rian en Adam uitstekende krieket! Rian was onder andere reeds by ’n wedstryd as man van die wedstryd aangekondig!
Rian en Adam is gekies na aanleiding van vorige krieket-prestasies en “scouting” wat vir dié spanne gedoen word. Hoërskool Ermelo is met reg trots op Rian en Adam met ’n pragtige krieketprestasie. Hierdie seuns is ook deel van Johann van der Wath se krieketakademie. Baie sterkte met die wedstryde wat voorlê, asook die harde werk wat dit verg. Geniet elke oomblik van hierdie reis en mag jul krieketdrome vlerke kry!

Rian Barnard in aksie

Adam Barnard in aksie









