Bethlehem Voortrekker Rugby beleef ‘n seisoen van kampioene
ADVERTISEMENT
Bethlehem Voortrekker Rugby beleef ‘n seisoen van kampioene! Die o.15 A-span wen die finale van die Kovsiebeker vir groter skole oortuigend met 57 – 5 op Shimlapark. Hul het teen Hoërskool Upington geseëvier. Sybrand Bester is aangewys as die speler van die wedstryd. Hy het ook 3 drieë gedruk. Baie geluk aan hul afrigters vir hul toegewydheid. Dit is die derde liga wat hul as span as kampioene gekroon word. ‘n Unieke prestasie! TrekkerRugbyTrots! In die Wesgrow Finaal het BVHS rugby as algehele reekswenners uit die stryd getree met die volgende tellings in die finaal:
- 14 A verloor Witteberg 17 – 5 (plek 2de)
- 14 B verloor Goudveld 21 – 5(5de) vriendskaplik
- 15 A wen Diamantveld 17 – 5(plek 1ste)
- 15 B wen Diamantveld 50 – 0 (plek 1ste)
- 16 A wen Witteberg 24 – 11(plek 1ste)
- 16 B verloor Diamantveld 16-17 (plek 2de)
- 3 de verloor Witteberg 24 – 14 (plek 2de)
- 2 de wen Sentraal 23 – 27 (plek 1ste)
- 1 ste gelyk Witteberg 17 – 17( Deel 1ste plek)
Baie geluk aan al die spanne.
Tydens die Griffons Finaal speel 4 uit 5 spanne in die finaal. Twee spanne wen hul ligas ( o/15A en o/16 A) en 2 spanne is naaswenners (o/14 en 1ste span) BVHS is trots op elke span se vertoning met die volgende tellings:
- 14 A vs Witteberg verloor 20 – 17
- 15 A vs Welkom Gim wen 17 – 12
- 16 A vs Welkom Gim wen 13 – 8
- 1ste vs Trio verloor 21 – 15.
Die 2022 vyftienmanrugbyseisoen sluit op ‘n hoogtepunt af! BVHS rugbyspelers speel hul harte uit met Tshiba Tswara wat weerklank vind in hul harte. Non sibi sed patriae. TrekkerRugbyTrots.
Voor: FJ Venter Middel: Muller du Plessis, Mnr Jan Kotze ( coach ), Phillip Cruase, Sebastian Moses, Wian Muller, Edré Wille, Adriaan Bonthuys, Thato Nthebere, Ompile Pete. Agter: Thomas Peach, Juhin Muller, Theo van Wyk, Moropa Lephonolo, AJ Myburg, Attila Ozturk ( captain), Sybrandt Bester, Christiaan van der Sandt, Rikus Ras, Antonie Grové, Jan-Harm van Wyk, Nolan du Plooy, Luca Masut (vice captain), Mnr Christiaan Schoeman (coach).










