Hoërskool Stellenbosch leerders skitter aan die Afrikaans Huistaal taalquiz
ADVERTISEMENT
Drie van ons graad 11-leerders het op 13 Mei aan die Kaapse Wynlande se Afrikaans Huistaal taalquiz uitdunne deelgeneem. Al drie leerders van Hoërskool Stellenbosch vorm deel van die top vyf leerders in die Kaapse Wynlande wat op 8 Augustus aan die Wes-Kaap finaal gaan deelneem.
- Eerste: Daniël Schoonraad
- Tweede: Jeffrey Morris
- Vierde: Julia Barry
Ons is baie trots op hierdie drie taalkenners en wens hulle alle sterkte vir die finaal voor!
![]()









