Hoërskool Bredesdorp VRL en Matriekraad hou spanbou
ADVERTISEMENT
Die VRL en Matriekraad van Hoërskool Bredasdorp het onlangs ’n onvergeetlike spanbou en ontwikkelingsuitstappie na Kaapstad onderneem. Hulle het op die ikoniese Rooibus-toer die stad verken.
Die leerders het die dag terdeë geniet, baie gelag en die geleentheid gehad om mekaar buite die skoolomgewing beter te leer ken.’n Hoogtepunt van die dag was die heerlike vis en skyfies wat in Houtbaai geniet is. Die laaste deel
van die toer het die asemrowende Chapman’s Peak-roete ingesluit. ’n Dag vol pret, waar vriendskapsbande gesmee is en kosbare herinneringe gebou is.










