Laerskool Stulting Gr. 6-leerders hou veldskool
ADVERTISEMENT
Laerskool Stulting Gr. 6-leerders het 17 April tot 19 April hul jaarlikse Veldskool by Brakkeduine bygewoon. Hier het hulle nie net meer oor die natuur geleer nie, maar ook aan aktiwiteite deelgeneem heeltemal buite hul gemaksone en sodoende persoonlik gegroei asook hope pret ervaar. Hulle aktiwiteite was so opgestel dat elke Gr. 6-leerder hulle mede-leerders beter kon leer ken en geleentheid was geskep om mekaar aan te moedig en ondersteun. Hierdie ervaring was herinneringe wat hul vir ewig sal koester.




























