Primêre Skool Worcester skaaksterre skitter in Ceres
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het 7 van Primêre Skool Worcester leerders in Ceres deelgeneem aan die Kaapse Wynland skaakproewe, en wat ’n trotse oomblik was dit nie!
Baie geluk aan Annabella de Villiers, Mihran Hossain, Emma Bam, Levi Bam, Curwin Cockrell, Danny Milhomem en MJ Lee wat ons skool met trots verteenwoordig het. Julle het nie net julle skaakvernuf gewys nie, maar ook uitstekende gedrag en deursettingsvermoë getoon. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle – julle harde werk en toewyding dra beslis vrugte!












