Laerskool Boerefort se skaakspelers het baie goed gevaar tydens die liga-byeenkoms
ADVERTISEMENT
Laerskool Boerefort se skaakspelers het baie goed gevaar tydens die liga-byeenkoms wat plaasgevind het op 18 Mei 2024. Die o.11 span eindig 5de van 10 skole en die o.13 span het algeheel 5de uit die 10 skole geëindig. “Gens una sumus” is ‘n Latynse uitdrukking wat dien as Die Internasionale Skaakfederasie se leuse. Wanneer dit vertaal word, beteken dit “we are one family.” Die Boerie-skaakfamilie het verseker gewys wat in hulle steek en hulle harde werk was beloon.










