EHS-skaak maak regte skuiwe tydens Mpumalanga-finaal
ADVERTISEMENT
EHS se o.19-skaakspan het op 22 Augustus 2022 te Hoërskool Hoogenhout in Bethal deelgeneem aan die finale Mpumalanga–skaaktoernooi.
Die o.19’s van die Erries het as wenners van die toernooi weggestap met goue medaljes en is gekroon as Mpumalanga–kampioene. Hulle het al die spanne teen wie hulle gespeel het, geklop.
Die wenspan het ook drie bordwenners opgelewer, naamlik Dirk Maritz, Otto van Schalkwyk en Jan-Maarten van Schalkwyk wat ook hiervoor erkenning ontvang het omdat hulle al hul wedstryde gewen het.
Hoërskool Ermelo se o.19-skaakspan het uit die volgende leerlinge bestaan: Dirk Maritz, Edrich Beyer en Riku van der Bank in graad 12, Otto van Schalkwyk en Altus Boshoff in graad 11 en Jan-Maarten van Schalkwyk en John-Pierre van Rooyen in graad 9.
Baie geluk met hierdie puik prestasie! Die Erries is trots op die Mpumalanga-kampioene!
Krediet vir foto’s: Wilanie van Staden en Reinet Benson van Hoogie Fotoklub
Agter (v.l.n.r.): Altus Boshoff, Otto van Schalkwyk, Edrich Beyer, Riku van der Bank.
Voor: (v.l.n.r.): John-Pierre van Rooyen, Jan-Maarten van Schalkwyk, Dirk Maritz.










