DF Akademie leerders presteer in atletiek
ADVERTISEMENT
DF Akademie is baie trots op die volgende twee atlete wat reeds gekwalifiseer het volgens die WP-klubstandaarde. Mia Labuschagne het met ‘n nuwe persoonlike beste afstand van 42,49 m in die hamergooi vir 0. 16-dogters gekwalifiseer. Heynrich Conradie het nie net die DTBS-rekords vir die 300 m-hekkies en 400 m gebreek nie, maar ook ‘n WP-klubkwalifiserende tyd gehardloop in die 300 m-hekkies met ‘n nuwe persoonlike beste van 40,14 s.












