Durbanville wen Top 15 Atletiekbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Durbanville se Atletiekspan het die naweek aan die Top-15 Atletiekbyeenkoms by UWK deelgeneem. Hierdie byeenkoms was deur Fairmont en UWK aangebied.
Durbanville het puik presteer en algeheel die eerste plek behaal van die 68 spanne wat deelgeneem het.
“Ons atlete vind verseker baat by ons nuwe Hoë Prestasiesentrum en Fisiopraktyk (Aucamp & Wilsdorf) wat vanjaar op die been gebring is. Ons atlete het ook tyd ingesit tydens die Wintermaande, so dit is ‘n goeie begin vir die seisoen – ons is trots.” – Freddie Brooks (Hoof Sportontwikkeling en Bemarking)
Die skole het as volg geplaas:
- 1: Durbanville
- 2: Paarl Gimnasium
- 3: Paarl Boishaai
- 4: Bloemhof
- 5: Tygerberg
- 6: Malibu
- 7: Stellenberg
- 8: Paarl Girls
- 9: Paul Roos
- 10: Fairmont
Baie geluk aan ons Durbie-atlete en afrigters, ons is trots op jul harde werk.
Dankie aan Fairmont en UWK wat hierdie geleentheid, vir die atlete geskep het, om te kon deelneem, ons het groot waardering.
#TrotsDurbanville
![]()










