Hoërskool Die Wilgers Interhoër atletiek prestasie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Die Wilgers wen die 2024 D-Bond Atletiek Interhoër met 201 punte en neem sodoende in 2025 in die C-Bond deel. Baie geluk aan elke Wilgie wat sy/haar beste gegee het regdeur die seisoen; julle harde werk is beloon. Hulle ontvang die trofees vir die Beste Seunspan (Kaptein: Kyle Painter), Beste Dogterspan (Kaptein: Sky van Kraayenburg) en sodoende ook die Algehele Wenners Trofee. Individuele toekennings word ook deur die Wilgies opgeraap:
- Jean-Jacques Ellis – Beste Seunsatleet (APA-Tabel)
- Talia Schilling – Junior Victrix Ludorum en Beste Dogtersatleet (APA-Tabel)
Die Wilgie-atlete breek ook rekords op dié dag:
- Elri Botha, 0.17D, 3000m: 12:22:01 (12:23:27)
- Jean-Jacques Ellis, 0.14S, Verspring: 6.21m (6.01m)
- Johno Mollett, 0.16S, Verspring: 6.34m (6.18m)
- Alex de Vries, 0.14S, Diskus: 40.09m (34.15m)
Wilgies oes ‘n totaal van 99 medaljes: 27 goud, 37 silwer en 35 brons.












