Laerskool Vorentoe redenaars is deur na die ATKV-redenaars semifinale
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Daniël en Willem Barnard met die volgende prestasies: Beide is deur na die ATKV-redenaars semi-finale rondte. Hulle het ook deelgeneem aan die Kansvatter Redenaars/Oppitong Af Redenaars en Radikale
Redenaars. Daniël en Willem Barnard ontvang beide ‘n A+ by die Kansvatter redenaars.
Hulle is deur na die semi-finaal wat hierdie komende week plaasvind. Daniël ontvang dan ook ‘n A++ en Willem ‘n A+ vir die Oppitong Af Redenaars. Daniël kwalifiseer vir die semi-finaal van hierdie kompetisie, wat ook hierdie week plaasvind. Hy is ook deur na die finale rondte van die Radikale Redenaars, wat in Oktober plaasvind in Boksburg. Ons wil vir hulle sterkte toewens vir hulle voorbereiding en deelname aan die volgende rondtes.
Laerskool Vorentoe is trots op julle!









