Laerskool Durbanville is trots op hul SA-atlete
ADVERTISEMENT
Hierdie atlete van Laerskool Durbanville gaan 25 en 26 Maart aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskapsbyeenkoms in Polokwane deelneem. Hulle gaan in altesaam 12 items die skool en hul provinsie verteenwoordig. Mila Vermeulen het tydens die Wes-Kaapkampioenskappe die diskusrekord vir dogters o.12 verbeter en JJ Bester het die gewigstootrekord vir seuns o.10 laat spat.
Agter van links na regs: Lisa Krige; Diné van de Wal; Kari van den Heever Voor van links na regs: Dohan van der Sandt; Mila Vermeulen; Martus Schoeman; Aaron Knoetze; Adriaan van Niekerk; JJ Bester










