Hoërskool Ermelo-passasiers word deel van EHS
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo-passasiers word deel van EHS! Na ’n besige week het die Errie-graad 8’s ’n spesiale geleentheid bygewoon op Vrydagaand, waar elke graad 8 die pligte en erekode van ’n Errie-Passasier onderteken het. Daarna is elkeen se skoolbaadjie vir hom/haar aangetrek deur ’n graad 12-leerder as teken van volwaardige Errie-wees.
Op Satedagoggend, 14 Januarie was dit die graad 8-ouers se beurt om die EHS-baadjies vir hul kinders aan te trek. Die trots wat met die dra van die groen baadjie gepaard gaan, is dieper as net kleredrag – dit is ’n passievolle deelwees van die groen massa!

Die groep graad 8’s staan op aandag terwyl meneer Pieter Grobler (EHS-hoof) die Erekode aan hul voorhou
Die tema vir 2023 se graad 8’s: “Passasiers tot Vlieëniers”, het ’n spesiale betekenis: die graad 8’s begin die onbekende hoërskool-reis as passasiers en word genavigeer en gelei deur die graad 12-vlieëniers wat hul dra deur stormagtige tye. “It won’t always be easy, but in five years’ time, they will have the confidence to be their own pilot and navigate the lives of others.” Mienke Cloete.

Hannu Horn onderteken sy Erekode en pligte as graad 8

Franco van Aardt se baadjie word aangetrek deur Johan Strauss, President van EHS
Baie welkom aan elke graad 8 wat nou ’n volwaardige Errie is! EHS is trots om julle as deel van die skool te hê en wens julle voorspoed toe vir die reis wat voorlê. Mag jy groot hoogtes bereik en ontwikkel tot die beste vlieënier wat jy kan wees!

‘n Groep graad 8’s terwyl hul ouers hul baadjies vir hul aantrek









