Laerskool Bellville-Noord atlete stel groot aantal nuwe rekords op by jaarlikse byeenkoms
ADVERTISEMENT
Die week van 4-8 Desember het Laerskool Bellville-Noord gefokus op atletiek na afloop van die eksamen. In die oggende voor pouse het ons ons uitdunned in v gehaan die veld-items, hekkies asook middelafstande. Die 1200m en 1500m se finale is ook afgehandel om die bloedige hitte te probeer vermy.
Tydens hierdie uitdunne is daar reeds rekords, wat al menige jare bestaan, verbeter. Tydens die amptelike veld-byeenkoms op Donderdag, 7 Desember, is ‘n verdere agt rekords verbeter in die verskillende items. Vrydag, 8 Desember, is nie minder as twaalf rekords verbeter tydens die baan-byeenkoms. Dis die meeste rekords ooit wat saam verbeter was tydens een enkele byeenkoms in die skool se bestaan. Veels geluk aan een en elkeen wat dit reggekry het.
Ons is baie trots op al ons leerlinge wat deelgeneem het aangesien ons fokus op massa deelname is. Selfs die leerlinge wat heel laaste klaarmaak kry groot toejuiging.
Ons Victrix Ludorum vir 2023 is Carla Erasmus, terwyl die Victor Ludorum Joshua Peters is.

Ons Victrix Ludorum (Carla Erasmus, gr. 7 – links) en Victor Ludorum (Joshua Peters, gr. 7).

Ons Victrix Ludorum (Carla Erasmus, gr. 7 – links) en Victor Ludorum (Joshua Peters, gr. 7).

Marguerite de Villiers (gr. 5) se ouers wens haar geluk met die nuwe rekord in meisies o.11 hoogspring.

Liya Smal (gr. 4) het die meisies o.10 hoogspring-rekord met ‘n hele paar centimeter verbeter.

Liam Smal (gr. 4 – Liya Smal se tweelingboetie) by sy pa nadat hy ook ‘n rekord verbeter het in die hoogspring vir seuns o.10.

Spiesgooi aksie

Carla Erasmus (Victrix Ludorum 2023) tydens die o.13 meisies hekkies item.

Mnr. Johannes Terblanche voltooi die laaste item van die dag onder groot toejuiging. Die laaste item is waar die onderwysers, graad 7’s, ouers asook oud-BN’ers saam én teen mekaar in spanne aflos hardloop. Dié is die jaarlikse hoogtepunt van elke byeenkoms.









