Hoërskool PJ Olivier ASA kampioenskappe uitblinkers
ADVERTISEMENT
Kwakho Mzizi en Bianca Schoonbee het die afgelope paar dae aan die ASA Baan- en Veldkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem. Kwakho het in die 100m en die 200m die semi-finale rondte gehaal. Bianca het in die 100m die semi-finaal en in die 200m die finale rondte behaal. Bianca het ook ‘n persoonlike beste van 24,95 in die 200m gehardloop. Welgedaan Hoërskool PJ Olivier is trots op julle!










