Laerskool Courtrai se Steratlete mik na SA’s
ADVERTISEMENT
Laerskool Courtrai is baie trots om te kan sê dat Laerskool Courtrai vanjaar ses atlete het wat van 19–21 Maart by Groenpunt aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem.
Hierdie atlete het deur die seisoen hul absolute beste gegee, en ons kan nie méér trots op hulle wees nie. Julle liefde, harde werk en toewyding aan die sport is werklik merkwaardig. Geniet elke oomblik.

v.l.n.r. – Ellené Markram, RW van Coller, Corlea Ries, Luan du Plessis, Karlien Crafford, Marco Janse van Noordwyk









