Die Hoërskool Brandwag-atlete op pad na Queenstown
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Brandwag is trots om aan te kondig dat 14 van Brandwag se TOP-atlete gekies is vir die NMB Metrospan en die geleentheid kry om hul staal te wys by die Oos-Kaap Skole Kampioenskap in Queenstown. Dit is ’n ongelooflike prestasie aangesien net 90 atlete vanuit die hele metro gekies is. Die hele Brandwag-familie staan agter julle en wens julle alle sterkte toe. Gaan gee julle beste – ons glo in julle! Sterkte!










