Hoërskool Swartland stappers is gekies vir die SASSA Hoërskole Kampioenskappe.
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swartland leerders Emma Hartley en Charlie Thompson is gekies vir die Wes-Kaap span en neem dus deel aan die SASSA Hoërskole Kampioenskappe. Dit vind vanaf 1-5 April 2023 te Germiston plaas. Baie geluk aan hierdie twee stappers en hul afrigters. Ons is baie trotsopjulle!











