Laer Volkskool kondig aan eerste dogter wat gekies is vir die Oos-Kaap Bergfietsspan
ADVERTISEMENT
Laer Volkskool is ongelooflik trots om aan te kondig dat ons eie Mienke Sparrius as die eerste dogter van Volkskool gekies is vir die Oos-Kaap Skole Bergfietsspan!
𝗦𝘆 𝘀𝗮𝗹 𝗶𝗻 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟱 𝗱𝗶𝗲 𝗽𝗿𝗼𝘃𝗶𝗻𝘀𝗶𝗲 𝘃𝗲𝗿𝘁𝗲𝗲𝗻𝘄𝗼𝗼𝗿𝗱𝗶𝗴 𝘁𝘆𝗱𝗲𝗻𝘀 𝗱𝗶𝗲 𝗦𝗔 𝗦𝗸𝗼𝗹𝗲 𝗜𝗻𝘁𝗲𝗿𝗽𝗿𝗼𝘃𝗶𝗻𝘀𝗶𝗮𝗹𝗲 𝗕𝗲𝗿𝗴𝗳𝗶𝗲𝘁𝘀𝗸𝗮𝗺𝗽𝗶𝗼𝗲𝗻𝘀𝗸𝗮𝗽 𝗶𝗻 𝗧𝘇𝗮𝗻𝗲𝗲𝗻.
Dit maak haar die tweede Volkskool-bergfietsryer wat provinsiale kleure verwerf én die derde ryer van die Wildehonde Fietsrygroep wat dit regkry. ’n Waarlike baanbreker in hierdie nuwe skoolsport – en ’n inspirasie vir ander jong Volksies om ook die uitdagings van die berg te takel.
𝑂𝑛𝑠 𝑠𝑒̂ 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑔𝑒𝑙𝑢𝑘 – 𝑗𝑦 𝑑𝑟𝑎 𝑑𝑖𝑒 𝑟𝑜𝑜𝑖 𝑒𝑛 𝑤𝑖𝑡 𝑚𝑒𝑡 𝑔𝑟𝑜𝑜𝑡 𝑡𝑟𝑜𝑡𝑠 𝑒𝑛 𝑗𝑦 𝑙𝑎𝑎𝑡 𝑗𝑜𝑢 𝑠𝑘𝑜𝑜𝑙 𝑒𝑛 𝑗𝑜𝑢 𝑑𝑜𝑟𝑝 𝑠𝑘𝑖𝑡𝑡𝑒𝑟!










