Laer Volkskool blink uit by Karoo Skoletoneelfees
ADVERTISEMENT
Op 22 Augustus het Laer Volkskool se toneelgroep deelgeneem aan die Karoo Interskole Toneelfees in Victoria-Wes. Met groot trots kan ons terugvoer gee dat ons groep goud verower het vir ons stuk! Daarby is Mia bekroon as tweede Beste Aktrise – ‘n besondere prestasie in so ‘n sterk kompetisie. Die uitslae is eers die afgelope week bekend gemaak, en ons harte klop steeds van trots oor hierdie uitsonderlike prestasie. Baie geluk aan elke leerder wat betrokke was – julle harde werk en toewyding het vrugte afgewerp.










