Groot lof vir Witteberg Tienertoneel
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg se drie tienertoneelgeselskappe het Saterdag 27 Augustus aan die FAK Allegretto Toneelfees in Welkom deelgeneem.
Hierdie drie groepe het uitsonderlike prestasies ingepalm en groot opslae gemaak tydens die fees.
‘n Totaal van 6 Brons, 19 Silwer, 12 Goue toekennings, en 13 Top toekennings is onderskeidelik aan die produksies toegeken.
Die toneelstuk, Duiwelsdans word aangewys as die WEN produksie van die fees en ontvang 6 nasionale nominasies. Verspeelde Tyd eindig algeheel in die derde plek.
Hierdie drie toneelstukke het voorwaar ‘n goeie seisoen agter die rug. Die tonele het ook tydens die ATKV Tienertoneelkompetisie, die Bethlehem Kunswedstryd en Op Die Planke Toneelfees groot lof ontvang.
Al drie stukke sal 15 Oktober aan Op Die Planke Toneelfees se nasionale finaal deelneem.
FAK Allegretto Toneelfees is gestig om tienertonele nog ‘n optreevlak te bied. Die instansie wil graag die talente van jong akteurs aan die publiek blootstel. Hul poog om elke jaar te groei en bied ook kategorië aan wat ander feeste nie bied nie.
‘n Groot dank en gelukwensing kom Me. Ronelle van Heerden toe vir haar ongelooflike passie, harde werk en deursettingsvermoë.
Toekennings vir Rooi:
Brons:
- Ensemble
Silwer:
- Kostuums
- Dekor
- Tegniese Aspekte
- Produksie
- Beligting – Luciano De Mezza
- Verhoogbestuur – Jano Taljaard
- Verhooghulp – Hendre Blignaut
- Spel – Zinathi Matshotyana (Nominasie vir beste hoofrol en kom derde)
Goud:
- Beligtingsontwerp – Luciano De Mezza
Toekennings vir Verspeelde Tyd:
Brons:
- Ensemble
- Spel – Ashton Diedericks
Silwer:
- Spel – Jomica Marx
- Kostuums (Jene van Heerden)
- Regie (Jene van Heerden)
- Produksie
- Beligting – Luciano De Mezza
- Beligtingsontwerp – Luciano De Mezza
- Tegniese Aspekte (Simone Nel)
- Vehooghulp – Hendre Blignaut/Jano Taljaard/JG Rothman
Goud:
- Dekor
Toekennings vir Duiwelsdans:
Brons:
- Jo-ri Odendaal
- Milan De Villiers
- Ziane Lottering
Silwer:
- Verhooghulp – Hendre Blignaut/JG Rothman/Jano Taljaard/Simone Nel
- Spel – Cara Cilliers
- Spel – Noxy Ngozo
Goud:
- Tegniese Aspekte
- Dekor – Illne Myburg/Ronelle van Heerden
- Kostuums
- Regie – Ronelle van Heerden
- Produksie
- Ensemble
- Beligting – Luciano De Mezza
- Beligtingsontwerp – Luciano De Mezza
- Spel – Mignon Thomas
- Spel – Jani De Bruin
Top toekennings:
- Beste Kostuums
- Beste Tegnies
- Beste Beligtingsontwerp – Luciano De Mezza
- Beste Klank Samestelling – Dirk Willemse
- Beste Klanktegnikus – Dirk Willemse
- Beste Ensemble
- Beste Vroulike Byrol – Mignon Thomas
- Beste Aktrise – Jani De Bruin
- Beste Regisseur – Ronelle van Heerden
- Beste Drama
Algeheel:
- Verspeelde Tyd – Derde
- Duiwelsdans – Wenproduksie
Nasionale nominasies:
- Beste Beligting – Luciano De Mezza
- Beste Feesgees
- Beste Byspeler – Mignon Thomas
- Beste Teks – Ilne Fourie
- Beste Kostuums
- Beste Ander












