Hoërskool Die Wilgers kry die geleentheid om hul talente te ontwikkel
ADVERTISEMENT
Hoërskool Die Wilgers kry die geleentheid om hul talente te ontwikkel tydens die Nasionale Toneelkompetisie by die Artscape Teater in Kaapstad. Na ‘n dag van hard werk op die verhoog is die Top 32-finaliste aangekondig. Jaco Koster (graad 10) het vanjaar vir die eerste maal in die senior kategorie deelgeneem en ongelukkig nie deurgedring nie.
Dani Heymann (graad 11) en Ewan van Zyl (graad 11) is deel van die Top 32-finaliste! Hulle sal vanmiddag weer in aksie wees op die verhoog. Ons hou styf duimvas vir julle! Dankie aan Lara Lourens van PALI Youth Theatre & TV wat saam met hulle in die Kaap is. PALI – Performing Arts Lifestyle Institute is nou betrokke by ons Wilgies se ontwikkeling in die film-, drama- en televisiebedryf.
Jaco Koster
Dani Heyman
Ewan van Zyl
Toneel
Toneel
Toneel










