HS Despatch spog met Metro kampioen netbalspan
ADVERTISEMENT
Hoërskool Despatch is Metro Kampioene:Vir die derde opeenvolgende jaar is die huidige o.16-netbalspan die Metro wenners wat deurdring na die Oos-Kaap Kampioenskappe wat vanaf 14-15 Junie te Queenstown plaasvind. Hulle het 7 uit 7 wedstryde gewen en het meegeding teen Collegiate (30-04), Die Brandwag (27-10), Framesby (18-17), Otto du Plessis (54-02), Pearson (29-16), Hillside (40-01) en Kwezi Lomso (22-01).










