Laerskool Bellville-Noord eerste netbaldag was ‘n groot sukses
ADVERTISEMENT
Saterdag, 12 Augustus, het Laerskool Bellville-Noord die eerste Ipic Play Bellville-Noord Netbaldag op ons opgegradeerde bane aangebied. Dit was ‘n groot sukses met baie goeie netbal wat gespeel was. Die skole teenwoordig was onsself, De Tyger, Excelsior, Goodwood-Park, Labiance en Monte Vista. Die o.10 tot o.13 A-spanne het geleentheid gehad om te speel. As gasheerskool het Bellville-Noord se o.10 en o.11 B-spanne het ook speelkans gekry teen die ander skole. Na afloop van die wedstryde was daar ‘n prysuitdeling waar elke span se “beste speler” van die dag, die spanne met die “beste gees”, asook die “beste span” van elke ouderdomsgroep medaljes en/of ander pryse ontvang het. Die dag was puik georganiseer en ten volle deur die damespersoneel van die skool aangebied.
Mnr. Mostert (skoolhoof) bedank die spelers,ouers en almal teenwoordig vir ‘n heerlike dag vol goeie netbal.
Al die spelers is reg vir die prysuitdeling.
Laerskool De Tyger se o.13’s, saam met mnr. La Grange van Ipic Play wat hoofborg van die netbaldag was. De Tyger was die beste o.13-span van die dag.
Laerskool Excelsior se o.12’s was die beste in hul groep.
Laerskool Bellville-Noord se o.11’s was die beste in hul groep.
Laerskool Bellville-Noord se o.10’s was die beste span in hul groep.
Hier is al die Bellville-Noord meisies en afrigters wat deelgeneem het.










