Hoërskool Garsfontein se Ysbere beïndruk in Skole SA T20-reeks
ADVERTISEMENT
Hoërskool Garsfontein se 1A Ysbere-span het geskiedenis gemaak deur die streekfinaal van die Skole SA T20-reeks te wen teen Afrikaanse Hoër Seunskool in Benoni. Hierdie oorwinning het hulle deurgeskuif na die derde fase van die Skole SA T20-finaal by UP Tuks in Pretoria.
Die Ysbere het hul groepfase oorheers en bo-aan die punteleer geëindig met 14 punte, nadat hulle Graeme College, St Andrews en Northwood geklop het.
In die halfeindstryd teen St David’s het Garsfontein se boulers die SA O.19-spelers van St David’s vroeg terug na die kleedkamers gestuur. Met ‘n teiken van 126 lopies het Garsies egter sukkelend begin en te veel vroeë paaltjies verloor, wat veroorsaak het dat hulle net-net die knoop nie kon deurhaak nie. St David’s het die wedstryd met 26 lopies gewen.
Die Ysbere kan egter met trots terugkyk op hul prestasie en eindig onder die top drie spanne van 560 skole in die kompetisie. Dit is ‘n merkwaardige prestasie wat hul talent en deursettingsvermoë beklemtoon. Garsfontein se krieket bly ‘n krag om mee rekening te hou!













