Netbal prestasie vir Laerskool Kathu
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Kathu leerder Carlea Bauermeister met haar uitstekende prestasie om die Robyne o.13-span te haal! Hierdie is ‘n besondere prestasie wat getuig van haar harde werk, deursettingsvermoë en talent. Ons is ongelooflik trots op Carlea se toewyding en wens haar alle sterkte en sukses toe vir die seisoen wat voorlê. Hou aan om so mooi te presteer en ons skool trots te maak!

Skoolnuus in jou area word met trots geborg deur CC Steelworks & Mining Supplies










