Hoërskool Cradock kleure-atletiek 2023
ADVERTISEMENT
Hoërskool Cradock kleure-atletiek 2023. CHS se jaarlikse Kleure-atletiekbyeenkoms het op 26 Januarie plaasgevind. Die drie spanne, Aloes (rooi), Acacias (geel) en Cycads (blou) het mekaar goed op die baan en veld opgedreun. Die Aloes het as oorwinnaars uit die stryd getree. Die Acacias was tweede en die Cycads derde.
- Die beste prestasie van die dag deur ‘n seun is deur Luhandré Olivier behaal. Hy het die 100 m vir S.19 in 11.31 s (682 punte) gewen.
- Die beste prestasie deur ‘n dogter is deur Lu-Mari Hay in die D.15 Gewigstoot behaal. Haar wenafstand was 8,39 m (678 punte).
- Dewan van Staden is as die Victor Ludorum aangewys. Hy het die 200 m en Verspring vir S.17 gewen, tweede in die Spiesgooi, derde in die Hoogspring en vierde in die 100 m gekom. Dit is altesaam 2 153 punte op die ASA-tabel.
- Liané van der Walt is die Victrix Ludorum. Sy het die 100 m, 200 m en Hoogspring vir D.15 gewen. Dit is altesaam 1 696 punte op die ASA-tabel.









