Gholf Liga uitslae vir Hoërskool Volksrust
ADVERTISEMENT
Op 03 Mei 2024 was die eerste rondte van die Hoërskole Gholf liga te Piet Retief. Skole wat deelgeneem het, was Hoërskool Volksrust, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Piet Retief en Ligbron. Hoërskool Volksrust se 1ste span bestaan uit 4 spelers naamlik Drian du Plessis, Xian Meyer, Juan Beeslaar en Caitlyn Swiegers. Die formaat vir die dag was slagspel en IPS punte van ‘n 0 Voorgee af. Die beste 3 tellings per span tel. Na ‘n warm dag op die baan en baie loop vir ons spelers het Volkies die eerste plek behaal met 34 punte. Drian du Plessis speel die beste vir Volkies vir die dag met ‘n telling van 13 punte.
Ons ontwikkeling span het ook deelgeneem, waarvan dit vir sommige spelers hul eerste kompetisie deelname was. Hulle is Armand Viljoen, Matthew MacDonald, Shaun Delport en Carla Viviers. Volkies is besig om uitstekende gholf spelers te ontwikkel. Ons is trots op elke speler se prestasies en uithouvermoë op die baan. Volgende rondte is Vrydag 10 Mei 2024 te Ermelo gholfbaan.
![]()










