Laerskool Rustenburg gholfspelers vaar uitstekend op die gholfbaan
ADVERTISEMENT
Laerskool Rustenburg is baie trots op ons seuns onder 12 gholfspan wat op 11 November 2022 deelgeneem het aan die seuns onder 12 gholftoernooi op die pragtige Koro Creek gholfbaan in Modimolle. Ons span is aangewys as die die IPS afdeling wenners van die toernooi. Hierdie vier seuns nl: Kiefer en Carsten Wenhold, Hanru Le Grange, en Fouche v.d. Merwe het uitstekende gholf gespeel op ‘n moeilike baan.
Ons is ook besonders trots op Hanru Le Grange wat aangewys was as die algehele wenner van die IPS kompetisie. Dit is beslis ‘n prestasie om op trots te wees. Baie geluk aan hierdie seuns. Julle het Laerskool Rustenburg se naam hoog gehou! Hanru le Grange – Wenner van die individuele IPS afdeling.
Hanru le Grange
Van links na regs: Hanru le Grange, Fouche vd Merwe, Carsten Wenhold, Kiefer Wenhold










