Paul Roos Gimnasium se gholfspan wen die Boland Hoërskool Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Paul Roos Gimnasium se eerste gholfspan het gister op Boschenmeer die hoof titel by Boland Hoërskool Kampioenskappe gewen deur 11 houe voor HJS Paarl te eindig. Die tweede span het ook puik vertoon en derde geëindig. Andries van der Vyver het met bestendige puik spel die individuele titel verower deur gelyk aan baansyfer (108 houe) te eindig vir die kompetisie wat oor 27 putjies gespeel is. Hy is goed ondersteun deur sy spanmaats naamliks Jack Brugman (112), Nicolas van der Vyver (113) en Gerard Hartman (114). Paul Roos en HJS sal in Augustus die Boland verteenwoordig by die SA Skole Kampioenskappe.

Individual Winner – Andries van der Vyver & Tienie Hendrickz (Paul Roos)

Individual Winner – Andries van der Vyver

Mnr Tienie Hendriksz (afrigter) en Boland kampioen Andries van der Vyver. Eerstespan groepfoto: Voor: Gerard Hartman, Jack Brugman (kaptein). Agter: Nicolas van der Vyver, Tienie Hendriksz (afrigter) en Andries van der Vyver.
Fotokrediet: Boland Gholfunie









