Die Mobiele Biblioteek besoek Hoërskool Goudini
ADVERTISEMENT
Groot dankie aan die Mobiele Biblioteek vir julle besoek aan Hoërskool Goudidni vandag!Ons leerders het dit baie geniet om opvoedkunige speletjies op die rekenaar te speel, opwindende stories te ontdek en meer te leer oor die vreugde van lees. Geleenthede soos hierdie help om ’n lewenslange liefde vir boeke aan te wakker en ons is so dankbaar om so ’n wonderlike diens by ons skool te hê.
Ons waardeer julle tyd, energie en die bietjie boeketowenaar-kuns wat julle saambring met elke besoek. Tot volgende keer gelukkige lees.





















