CHS se leesprogram
ADVERTISEMENT
CHS het belê in ‘n wonderlike leesprogram, Readers are Leaders, wat ons graad 8 en graad 9 leerders tans gebruik. Ons het besef dat geletterdheid die vermoë is om te lees en te skryf, en die geskrewe woord te verstaan. Daar is dus ernstige gevolge vir ‘n kind wat sukkel om te lees met begrip ‘n swak leser is ‘n sukkelende leerder.
Daar is baie aanduidings dat kinders wat gereeld lees talle voordele daaruit kry. Hulle selfvertroue kry ‘n hupstoot, hulle kry ‘n voordeel in taalontwikkeling, en hulle ontwikkel die vermoë om krities te dink. Blootstelling aan lees op ‘n kreatiewe manier soos met die leesprogram het ok ‘n positiewe impak op jong kinders se selfbeheer en gedrag.









