Sekondêre Meisieskool Oranje is trots op hul baanbrekers
ADVERTISEMENT
Baanbrekers! Elf Sekondêre Meisieskool Oranje leerders het, sover vasgestel kon word, vanjaar die heel 1ste OMS-leerders geword om as netbalskeidsregters in wedstryde op te tree. Hulle het onlangs hulle 1ste wedstryde geblaas nadat hulle hul vlak 1-eksamen geslaag het.
Hulle hanteer sekere Stadsliga- en interskole-kragmetings. Mev. Mioné Marais, me. Minette Terblanche (albei knap skeidsregters in die Vrystaat) en mev. Christine Hugo mentor hulle.

Van links: Erika Reynolds, Jana Geldenhuys, Héloise van Deventer, Savanah Olivier, Shirien Fernandez, Elri de Waal, Miné Ernst, Kayli Claassen, Duné van Niekerk, Sistine van Pletzen. Afwesig: Susette Botha.









