Nuwe mini-vlak 1 skeidsregter by Merensky Landbou Akademie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Francois Thiart (graad 9) wat amptelik sy mini-vlak 1 skeidsregterskwalifikasie verwerf het! Francois het gedurende die Junie-vakansie sy slag gewys op verskeie provinsiale toernooie en het onlangs sy finale uitslae ontvang. Hy is nou volledig gegradueer as ’n mini-vlak 1 skeidsregter, ’n merkwaardige prestasie vir so ‘n jong Plasie! Toernooie waar hy geskeidsreg het:
- o.14 Seuns Streekstoernooi – KZN, Kearsney College
- o.12 Seuns Streekstoernooi – Krugersdorp (Krugersdorp High School & Hoërskool Noordheuwel) → dit was hier waar hy gegradeer is
- o.14A Seunshokkiespan – Noordvaal Groot B Toernooi – Noordheuwel Hoërskool, Krugersdorp
Francois het bewys dat hy nie net ’n passie vir hokkie het nie, maar ook die dissipline en vaardighede om as jong skeidsregter uit te blink. Ons sien uit na die toekoms van hierdie talentvolle jong man – die Merensky Landbou Akademie-familie is trots op jou, Francois!
Francois Thiart









