Hoërskool Noordheuwel leerder bereik sy Judo Skeidsregter Provinsiale B-opgradering
ADVERTISEMENT
Cameron Swanepoel, graad 9 van Hoërskool Noordheuwel het op die ouderdom van 14 tydens die Mashakane-byeenkoms, sy gradering geslaag en sy Judo Skeidsregter Provinsiale B-opgradering bereik, wat ’n groot mylpaal is vir iemand van sy ouderdom. Met baie ure se toewyding, harde werk en skeidsregter-diens het hy een van sy doelwitte bereik. Cameron is baie trots op sy skeidsregterwerk en het ’n groot liefde vir die sport.
Dit is besonders om te sien hoe hy op so ’n jong ouderdom met soveel volwassenheid optree, lang ure hanteer, regverdigheid toepas en goeie tegniek wys wanneer hy as skeidsregter optree. Cameron is ook tans ’n afrigter by sy judoklub, Doryoku, waar hy sy studente met ’n pragtige passie vir die sport leer en motiveer. Dit is vir ons baie spesiaal om te sien hoe hy nie net self groei nie, maar ook ander help ontwikkel.










