Curro Mosselbaai redenaars praat die podium aan die brand
ADVERTISEMENT
Bartolomeu Dias Museum Hoërskool Redenaarskompetisie. Ons is baie trots op ons leerders wat Curro Mosselbaai verteenwoordig het tydens die Bartolomeu Dias Museum Hoërskool Redenaarskompetisie vir Mosselbaai-skole.
- Aiden Erasmus
- Jonea Pretorius
- Janika Verwey
’n Spesiale gelukwensing aan Janika wat ’n uitstekende 3de plek behaal het en deurgedring het na die streekskompetisie in September! Daar sal sy meeding teen die streekwenners van George, Oudtshoorn, Beaufort-Wes en Riversdal. Baie geluk aan al drie ons leerders – ons is trots op julle selfvertroue en die manier waarop julle jul skool verteenwoordig het!












