Curro Mosselbaai ATKV-redenaars skitter
ADVERTISEMENT
Twee van ons uitblinkers by Curro Mosselbaai het deurgedring na die ATKV-redenaars se Semifinaal – ’n ongelooflike prestasie waaroor ons baie trots is!
- Megan Kilian (Gr. 8)
- Mie-Ya Johannes (Gr. 11)
Maar dis nie al nie… Jonea Pretorius (Gr.10) het dit gemaak tot by die Landsfinaal van die Oppietong-kompetisie! Julle drie hou ons skool se naam Hoog en wys dat harde werk en talent ‘n wenresep is! Ons is ongelooflik trots op julle!










