Musikale uitnemendheid vier hoogty by Laerskool Randhart
ADVERTISEMENT
Laerskool Randhart het vanjaar vir die heel eerste keer in sy bestaan ’n prestige-koorgeleentheid aangebied, waar 12 uitnemende kore oor twee sessies gehore betower het.
Hierdie besondere geleentheid het ten doel gehad om musikale uitnemendheid te bevorder en aan toegewyde koorlede ’n unieke platform te bied om hul talente op ’n hoë vlak ten toon te stel.
Die Linder Auditorium, geleë in die hart van Johannesburg by Wits, is ’n wêreldklas konsertsaal wat bekend is vir sy uitstekende akoestiek en elegante atmosfeer waar elke noot helder en kragtig weerklink. Met sy ruim sitplek en indrukwekkende verhoog het dit reeds as tuiste vir top internasionale kunstenaars en orkeste gedien, wat dit ’n besondere eer maak vir enige groep om hier op te tree. Om deel te wees van ’n geleentheid by die Linder Auditorium was nie net ’n optrede nie, maar ’n onvergeetlike ervaring wat leerders se selfvertroue gebou en hulle diep geïnspireer het.
Ons spog met ’n uitstekende 4,7-ster-gradering op Quicket. Dis ’n bewys van die gehalte en impak van hierdie kosbare geleentheid.
Hier volg ’n paar resensies van gaste wat die optredes bygewoon het:
“Soos altyd was dit uitstekend – Johan Bester – jy mag maar! Die klank en die atmosfeer en die reelings was puik. Baie geluk aan almal – die kids is almal besonders – elke koor uniek op hul eie manier.. super trots om te sien hoe hard hulle probeer en hoe mooi hulle sing. Baie dankie aan al die Rantie onderwysers ook vir julle harde werk- super trots op almal.”
– Thea
“Excellent choirs, conductors and musicians!! Throughly enjoyed listening to the different choirs. Johan Bester is só passionate, love his energy! ”
– Anoniem
“It was amazing! Thank you for letting the audience sing along. It was beautiful and I teared up.”
– Anoniem
Ons wil graag elke organiseerder, dirigent, begeleier en instrumentalis uit die diepte van ons harte bedank vir die voorreg om deel te kon wees van hierdie besonderse geleentheid.



















