LS Vredendal junior koor het opgetree ter viering van verpleegsterdag
ADVERTISEMENT
Laerskool Vredendal Junior Koor het op 12 Mei by die Vredendal Hospitaal opgetree ter viering van Verpleegstersdag. Met hul optrede het hulle die gehoor vermaak met twee geestelike liedere, sowel as ń vrolike treinlied.
Deur hul deelname wil die Laerskool graag hul waardering betoon aan elke verpleegster vir hul onbaatsugtige diens aan oud en jonk.












