LS Pretoria-Oos Junior en Seniorkoor het ‘n suksesvolle koorseisoen agter die rug
ADVERTISEMENT
Laerskool Pretoria-Oos se junior- en seniorkoor het ‘n uiters besige en suksesvolle koorseisoen agter die rug. Albei kore het praguitslae behaal in die ATKV Applous kompetisie en landswyd 3e plek behaal.
Gedurende Augustus het Osieland ook ‘n koorfees by die Afriforumteater saam met Jak de Priester aangebied. Verskeie laerskole is uitgenooi en drie aande van kinderkoorklanke saam met Jak, het vir ‘n uiters genotvolle program gesorg. Osies maak volgende jaar weer so.










