Hoërskool Zwartkop koor presteer by Pretoria Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Hoërskool Zwartkop koor presteer by Pretoria Eisteddfod. Hoërskool Zwartkop se koor het aan die 2022 Pretoria Eisteddfod deelgeneem en is as kategoriewenner aangewys. Die Zwarrie-koor spog met ‘n A+ simbool. Die Zwarrie-koor word deur mnr. Anton Pottas afgerig. Mnr. Pottas het in 2016 met sy studie in B.Mus sowel as Koorleiding en Sang klaargemaak, waarna hy voltyds begin afrig het. In 2018 het hy by Hoërskool Zwartkop begin afrig.
Die Zwarries het die pragtige liedere van Gloria in Excelsis Deo, Kuhle ke en Reisiger van Refense tydens die kompetisie gesing.
Die Zwarrie koor tree tydens vierkant vir die Zwarries op.
Mnr. Anton Pottas, Me. Renette Bouwer










