Laerskool Roodekrans vaar puik by die koor kompetisie
ADVERTISEMENT
𝐊𝐎𝐑𝐄: 𝐀𝐥𝐥𝐞𝐠𝐫𝐞𝐭𝐭𝐨 𝐮𝐢𝐭𝐬𝐥𝐚𝐞
Baie geluk aan Laerskool Roodekrans Junior en Seniorkoor met julle uitsonderlike uitslae by hierdie Kompetisie!
𝐉𝐔𝐍𝐈𝐎𝐑𝐊𝐎𝐎𝐑: 𝟏𝐬𝐭𝐞 𝐩𝐥𝐞𝐤
𝐒𝐄𝐍𝐈𝐎𝐑𝐊𝐎𝐎𝐑: 𝟑𝐝𝐞 𝐩𝐥𝐞𝐤
Ons is regtig baie trots op albei ons kore, wat die hele jaar hard gewerk het en nou hierdie pragtige prestasies behaal het. Jul harde werk het verseker vrugte afgewerp.
Baie geluk ook aan Mnr Janus Venter vir jou harde werk en toewyding deur die jaar en jou entoesiasme waarmee jy die kore met geduld afrig en lei. Ons is dankbaar vir jou.
Dankie aan Christo Bezuidenhout vir jou uitstekende begeleiding op klavier en ook aan ons twee instrumentaliste, wat ons seniorkoor se optrede kom inkleur het met hul vertolkings; Riaan van Rensburg op die dromme en Bruwer Malan, op die tjello.
Mnr Deon Rousseau, ons hoof, Juf Antoinette en Juf Annatjie Hattingh: jul teenwoordigheid by ons optredes, asook deurgaanse ondersteuning word opreg waardeer.
Dan aan ons ouers, vir vervoer, opdaag, aanmoedig en ondersteun: ‘n groot dankie; ons kan dit ook nie sonder jul aandeel doen nie.










