Die Broers tree saam met die kore van Laerskool Bellville-Noord en De Tyger op
ADVERTISEMENT
Die Afrikaanse sanggroep, Die Broers, het 28 en 29 Augustus saam met die kore van Laerskole De Tyger asook Bellville-Noord opgetree. Dit was twee aande van goeie musiek en bande verstewig tussen dié twee skole se gemeenskappe in die saal van Laerskool Bellville-Noord. Volgende jaar sal die kooraande weer by De Tyger plaasvind. Die twee skole tree afwisselend as gasheer op. Die Broers het ook verlede jaar saam met die kore opgetree.
Juffrou Ruvé de Necker lei die opgewonde leerlinge van Bellville-Noord se seniorkoor na die saal vir hul optrede saam met Die Broers.
Kean Venter (voor) oorhandig hier ietsie kleins om “dankie” te sê aan Cobus Snyman.










