Laerskool Welgemoed seniorkoor skitter by Cantamus koorfees
ADVERTISEMENT
Laerskool Welgemoed se seniorkoor het die Laerskool afdeling by die Cantamus Nasionale koorfees in George gewen. Laerskool Welgemoed verower ook ‘n tweede plek in die algehele wenner kategorie. Daar het 22 kore insluitend hoërskoolkore regoor die land deelgeneem.
Van links Agter: Elzaan Steyn (begeleier), Riette Breytenbach (koorleier); Zama Mlambo, Johan Engelbrecht (Skoolhoof) Voor van links: Liya Vermeulen, Lara Greeff, Hadassah Ohloff en Blessie die skool se gelukbringer (Emile Kotze-Benade).










