Hengel prestasie vir Hoërskool Nylstroom
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die Hoërskool Nylstroom hengelaars met hul uitstekende prestasies tydens rondte 2 van die liga.
Renschke Swanepoel behaal ’n 1ste plek, met die swaarste sak, meeste vis, asook die swaarste baber en karp van die dag. Sy eindig ook as nommer 1 individuele hengelaar.
Die damespan behaal ’n mooi 2de plek. By die seuns behaal Nyl Bar Barbarians, span 1 (Anton, Sone, Sarel en Quintin) ’n uitstekende 3de plek, terwyl span 2 (Driaan, Willem, Erik en Ruben) 8ste eindig. Baie trots op julle almal.











