Hengel prestasie vir Laerskool Nylstroom
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Sioné Lourens, Gr. 6, wat op 16 en 17 Augustus deelgeneem het aan die finale skole-limpopo hengelproewe. Op Saterdag, 23 Augustus 2025, tydens die jaarlikse Limpopo prysuitdeling is Sioné aangewys as deel van die 2025, o.13 Limpopo oewerhengelspan.
Sy sal 7 tot 11 Desember die Nylies en Limpopo verteenwoordig by die Interprovinsiale hengelkompetisie, wat by Bloemhof dam gehou word. Nogmaals geluk met hierdie besonderse prestasie. Die Laerskool Nylstroom is trots op jou.Sterkte Sioné, ons sien uit na groot vangste saam jou!!
![]()










