Pietersburg Laerskool Oewerhengel presteer
ADVERTISEMENT
Pietersburg Laerskool Oewerhengel het tydens die Limpopo Liga 2 uitstekend presteer.
Seuns:
- PLS Ramkatte het algeheel 1ste geëindig, en HKGK het 2de geëindig in die Onder 13-liga vir 2025.
- Chris-Lou Duvenhage is aangewys as die Victor Ludorum vir die 2025-seisoen.
- Die volgende leerders is genomineer om Limpopo en Suidskool te verteenwoordig tydens die SA Skole Kampioen van Kampioene-toernooi in Oktober by Bloemhofdam:
- PLS Ramkatte: Jaunru du Plessis, Martin Venter, Giovanni du Plessis, Pieter Steenekamp, Chris-Lou Duvenhage
- HKGK: Jason Dahms, Righardt Cilliers, Jones Brits, Ryan Evert, Chris-Lou Duvenhage
Onder 10-span:
- PLS se Onder 10-span het ook deelgeneem en 2de in die liga geëindig.
- Individuele prestasies:
- Willem Louis Bronkhorst – algeheel 2de plek
- Zaden Venter – 3de plek
- Manie du Plessis – 5de plek
- Markus van der Walt – 6de plek
- Die vier seuns het as span onderskeidelik 2de en 3de plek in die liga verower.
Meisies:
- PLS Jonge Dame:
- 1ste span – 1ste plek
- 2de span – 5de plek
- 3de span – 7de plek in die 2025-liga.
- Zanica Hough is aangewys as Victrix Ludorum vir die 2025 Limpopo Liga-seisoen.
Die volgende meisies is genooi om PLS en Limpopo te verteenwoordig tydens die SA Skole Kampioen van Kampioene-toernooi in die Oktober-vakansie by Bloemhofdam:
SA Skole-span:
Die volgende leerders is verkies om die SA Skole-span te verteenwoordig by die SAVOF Nasionale Toernooi te Bloemhof:
- Zanica Hough
- Janica Celliers
- Jason Dahms
- Jones Brits
Savof Outboundspan:
Chris-Lou Duvenhage is gekies om deel te wees van die Savof Outbound-span wat na Namibië toer om aan ’n internasionale toernooi by Hardapdam deel te neem. Baie geluk aan al die leerders met julle uitmuntende prestasies en sterkte met die opkomende nasionale toernooie. Ons is werklik trots op julle!























