Laerskool Randhart hengelaars sorg vir stywe lyne aan die SA Kampioen van Kampioene-toernooi
ADVERTISEMENT
Op 9 – 12 Oktober het ons Laerskool Randhart hengelaars tydens die SA Kampioen van Kampioene-toernooi in Bloemhof vir stywe lyne gesorg. Die o. 10-seuns het ‘n fenomenale 3de plek behaal en die o. 13-seuns ‘n besondere 6de plek. Julle het gewys dat geduld nie in boeke geleer word nie, maar op die oewer van ’n stil dam. Baie geluk!












